
Regte Priester: Herstel verhouding met God
Preek Psalms 110 - Heidelbergse Kategismus 12 Woorde uit sy Woning
Uit ons eie sal ons ons verhouding met die HERE nooit kan herstel nie. Iemand moet help. Iemand sondeloos moet help. Iemand bekwaam moet help. Iemand deur God self aangestel! Die HERE het aan ons ‘n belofte gemaak en Hy het daardie belofte nagekom. Dis die belofte van ‘n Middelaar, ‘n Priester wat namens ons by God kon intree. En dit bring ons by die tweede amp van die Christus, die HERE se Gesalfde: die Priester. Die Verlossing het deur sy offer gekom. Nie net dit nie, maar Hy tree ook in ... tree ook voortdurend vir ons by die Vader in. Biddend. Almagtige God en Vader, hier is die offer vir u kind. Sy naam is Gustav ... Hier is die offer wat sy sonde sal bedek. Vandag wil ek weer ... ook weer vir die soveelste keer u kind aan U opdra. Help hom! Neem hom aan die hand! Hou hom vas! Priesterlike werk. Psalm 110 vers vier is in baie opsigte die hart van die Psalm, as dit nie die hart van die hele Bybel is nie ... Dit moes inderdaad ‘n baie gewigtige saak gewees het wat gemaak het dat HERE by Homself gesweer het en dan nog daaraan toegevoeg het: Dit sal Hom nie berou nie. Met ander woorde: Die HERE het ‘n eed afgelê en daardie eed sal verseker nie gebreek word nie. Ons het nie vanaand tyd om alles wat die brief aan die Hebreërs oor die Priesterkoning sê, te behandel nie. In ‘n sekere sin kan hierdie hele brief as ‘n uitgebreide kommentaar gelees word ... ‘n uitgebreide kommentaar op Psalm 110. Een ding moet vir ons duidelik wees. Ons het nie ‘n ander middelaar nodig nie ... allermins die middelaars van die Rooms Katolieke kerk, hulle priesters, hulle pous en hulle heilige Maria. Ons het hulle nie nodig nie. Ons Here is gesalf ... Hy is gesalf tot ons enigste Hoëpriester. Hy het ons met die enige offer van sy liggaam verlos. Bron: Regtig my Priester Hulp om verhouding met God te herstel Psalm 110 Deel 2 HK 12 Deel 2 Vr 31 Bely uit die Psalms reeks #16 Musiek gebruik in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 587