
Registreer by die staat?
(Hand 4 Ps 2) Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Die afgelope Desember, het daar ‘n baie belangrike stuk wetgewing ter tafel gekom. Dit staan bekend as:P “Self-Regulatory Framework for the Christian Sector” , “‘n Raamwerk vir Selfregulering van die Christelike Sektor. Die wetgewing kom na vore deur ‘n instansie met die indrukwekkende naam van “Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe”. Dit is wetgewing wat alle Christelike kerke uiteindelik sal dwing om by die staat te registreer. Dit is wetgewing wat elke predikant of pastoor sal dwing om by die regering geakkrediteer te word. Kerke wat daartoe instem en daarby inval sal daardeur “’n Seël van Goeie Status” ontvang.
Bron: Lees: Psalm 2; Hand 4:1-32
Teks: Hand 4:29 En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek
Tema: Registreer by die staat?
Ps. 24:1,4,5; 40:3,4; Ps. 2:1,2; Ps. 2:4,6