top of page

Reformasie 2019: Vaderharte en Kinderharte verenig

Preek Maleagi 3 - Woorde uit sy Woning

Aan die einde van Oktober elke jaar herdenk ons die Reformasie of Hervorming sowat 500 jaar gelede. Dit was die geleentheid toe ons voorouers in Europa teruggekeer het teruggekeer het na die eenvoudige Bybelse waarheid. Dis waar ons gereformeerde kerke vandaan kom. Daarom staan daar voor ons name Hervormend of Protestants of Gereformeerd. Met die hervorming is die harte van die vaders destyds weer teruggebring tot die kinders. Die gelowiges van die 16de eeu het weer die oorspronklike geloof ontdek. Dis die geloof van Abraham, die vader van alle gelowiges. Die geloof van die aartsvaders, van Paulus en Augustinus So bid ons vandag dat daar in ons tyd 'n reformasie sal wees. Dat die harte van die vorige geslagte weer met ons geslag verenig sal word. Korrupte, selfgenoegsame kerkleiers. So was dit ook in die tyd van die Reformasie nou sowat 500 jaar gelede. Die Rooms-Katolieke kerk met haar Pous het in selfgenoegsaamheid regeer. As die pous gepraat het, dan was dit asof dit die Bybel self was. En oral het hulle indrukwekkende tempel katedrale opgerig en die arme volk met allerhande leuens afgepers om meer en meer geld daarvoor te gee, tot op die dag dat die Here die stilte verbreek het en Martin Luther het na vore gekom. In die gees en die krag van Elia het 'n eenvoudige priester na vore gekom. en hy het duidelike bekeringsboodskap vir die kerk en die volk gehad. “Keer terug na die ware geloof! Keer terug na die geloof van ons vadere”. Dit was mos Elia se woorde aan die volk Israel destyds: “Kom mense, kom koning Keer terug na die ware geloof! Keer terug na die geloof van ons vadere!” Toe hulle Luther wou stilmaak, het hy soos Elia en Johannes die Doper bly getuig met die woorde: “Hier staan ek, ek kan nie anders nie”. Dit was sy presiese woorde. Die geloofskinders en die geloofsvaders se harte moes weer bymekaar uitkom. Dit het ons ook saam uit Maleagi se professie gelees: Daar sê die HERE: Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie. Daar is 'n dringendheid aan hierdie professie. Die dag van die HERE is aan die kom! Die HERE self is aan die kom en dit sal verskriklik wees... Die kenmerke van ons gelowige voorgeslagte: Hulle was eenvoudige vroom mense en hulle het hierdie Bybel kinderlik geglo. Hulle vrees, hulle eerbied vir die HERE was opvallend. Daar was ook op hulle neergesien. Hulle het uitgestaan as die Doppers en Backvelders. In hulle armoede het hulle hierdie kerkgebou opgerig. Hulle was getrou op hulle pos, getrou in hulle godsdiens. Bron: Maleagi 3, Lukas 1 Vaderharte en Kinderharte verenig Reformasie 2019 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 10 27 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 504
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page