top of page

Psalms teen Plunderaars

Preek 2 Kronieke 20 - Woorde uit sy Woning

Die afgelope week het die land gesteier onder die aanslae van plunder-bendes, op ‘n skaal ongekend in die land se geskiedenis. Die doel van hierdie optrede is eenvoudig: Vernietig die land se kostoevoer en jy sit met ‘n bevolking wat so desperaat is, dat hulle uit honger die kommersiële boere se plase sal plunder en dan ook beset. Wat moet die gelowige te midde van hierdie stryd doen? Hoeveel plundertogte moet daar nog wees voor ons mense werklik die aangesig van die HERE begin soek? Voor hulle in sak en as in die huis van die HERE kom staan? Woordverkondiging: 2 Kronieke 20, Mat 26 Ds Gustav Opperman,. Ja, daar is natuurlik baie dinge wat ons mense bedreig, baie vyande wat teen die gelowige opgestel is, baie vyande wat teen die geloofsgemeenskap opgestel is. Maar een van die grootste vyande wat die gedoopte Afrikanervolk vandag bedreig, is grondverlies. Grondverlies as gevolg van grondhervorming, (So was daar eers gepraat) ... Toe word dit grondverlies as gevolg van grondonteiening ... Nou word dit grondverlies omdat die eienaars eenvoudig net van die grond af verwilder word ... deur intimidasie ... deur rondtrekkende plunderbendes ... deur besetting ... deur stelselmatige berowing ... deur moord op moord, deur terreur. Een politikus het dit nogal raak saamgevat. Hy het gesê: Die grondkwessie is die grondkwessie van hierdie land. Alles gaan uiteindelik om grond en as daar (soos so baie dele in hierdie land) nie meer kos op die winkelrakke is nie ... gaan dit des te meer oor grond. Die Bybel is nie stil oor hierdie probleem nie. Die Bybel is volgeskryf oor die belangrikheid van grond. Van die skepping van die aarde in Genesis tot die herskepping van die aarde in Openbaring is daar ‘n grondstryd aan die gang. Dis ‘n stryd tussen Koning Jesus Christus en die owerste van hierdie wêreld, Satan Slang. Net soos daar ‘n stryd oor siele van mense is, so gaan dit ook oor wie hierdie grond sal besit. Bron: 2 Kronieke 20:1-30, Mat 26:17-30 Psalms teen Plunderaars! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 07 18 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 118:2, 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers Psalm 8 gemeentelede position: 149
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page