top of page

1a) Promo: Bybelstudie uit Handelinge

Gees aan die Werk! Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning ​

Die Here se kinders het al die tyd gewag op 'n Verlosser wat moes kom. Ons lees dit aan die begin van die boek Handelinge. Die hele heilsplan van God is saamgevat in die Psalms. Wat 'n ongelooflike pragtige professie vind ons in Psalm 47 duisende jare voor hierdie gebeure, geskryf deur mense wat deur die Heilige Gees gelei was om te sê dat 'n Messias na die aarde sou kom en daarna sou opvaar na die hemel. En dan sien ons nou hier in die boek Handelinge hoe hierdie professie van Ps 47 in werking gaan. 

Ons nuwe Bybelstudiereeks: Gees aan die Werk! Bybelstudie uit Handelinge begin Woensdag 5 Maart 2025. Kontak ons by +27836502186 as u die skakels op WhatsApp wil ontvang.  

Bron: Handelinge 1; Psalm 47 

Opnamedatum: 2025 02 24  

Musiek gebruik in hierdie video verkry van YouTube Audio Library. Met dank en waardering: Intro: 1) The Princesses Heart Artist: Density & Time You Tube Audio Library.

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page