top of page

Profeteer teen wil en dank!

Preek 1 Samuël 19 - Woorde uit sy Woning

Profeteer teen wil en dank! Ds Gustav Opperman 1 Samuël 19 Wat sê ons van die Here Jesus Christus? Dit is die vraag wat ons nie kan ontwyk nie. Hieroor sal ons uiteindelik moet profeteer. Daarom vra die Skrif ons vandag: Is Koning Saul ook onder die profete? Nou moet ons erken dat waar hierdie vrae in ons Skrifgedeeltes voorkom, dit eerder as 'n uitroep van verbasing gebruik word. Nogtans is hierdie vraag nie net daar om die onverwagse en die buitegewone in die lewe vir ons te uit te wys nie. Nee, daar is 'n les hierin vir ons almal om te leer. Drie maal in hierdie Skrifgedeelte was die lig vir Saul rooi. Drie maal het die Here vir hom gesê: stop! Drie maal het die HERE hom gewys dat hy van geharde boodskappers en soldate profete kan maak as Hy wil. Drie maal na mekaar het Saul die rooi stopligte geïgnoreer. Maar dit is maar wat baie van ons ook doen. God se Woord kom na ons toe in die erediens, op huisbesoek soos 'n die rooi lig van 'n robot. Stop! Stop broer! Stop suster voor dit te laat is! Saul het nie gestop nie. Toe het Saul begin profeteer (weer soos lank tevore). Dit is genade bo verdienste. Maar dit was ook ‘n vernedering want soos hy stap verloor hy sy koninklike klere om uiteindelike nakend voor Samuel te lê. Het u ookal sulke geleenthede gehad in u lewe? Toe u gestroop was van al u koninklike klere, toe die kroon en die mantel van die Eie Ek van u gestroop was voor die woord van God? As dit met u al gebeur het is dit groot genade. As dit al met u gebeur het, moenie daardie ervaring opsy skuif soos Saul dit opsy geskuif het nie en toe gedwing was om die HERE se gesalfde te erken nie. Is Saul ook onder die profete? Ja, Saul is ook onder die profete omdat hy nie anders kon nie. So sal dit met ons ook wees. Ons sal onder die profete wees of ons nou wil of nie. Sommige omdat hulle nie anders wil nie en ander, omdat hulle nie anders kan nie … position: 663
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page