top of page

Platgeslaan deur die Wet. Die ryk jongman.
Bybelstudie 71 Lukas 19 - Woorde uit sy Woning
Mens kan nie deur jou Wetsonderhouding by God uitkom nie. Die Wet is daar in jou plat te slaan. En eers as die Wet jou platgeslaan het, kan jy begin om by God uit te kom ... of trouens, dan het God by jou uitgekom. Volg die Lukas Bybelstudiereeks: Christus vir Vandag op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 71ste in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas. U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die snitlys vind vir die Lukas Bybelstudiereeks: Christus vir Vandag. Bron: Lukas 19:18-30 Lukas Bybelstudie: Christus vir Vandag #71 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 05 29 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Traporrelmusiek: Orrelis: Mariaan Senekal position: 423
bottom of page