top of page

Opstand teen Staat of Gehoorsaamheid aan God?

Preek Handelinge 4 - Woorde uit sy Woning

Die staat het al ver gevorder om seksonderrig deel te maak van die skoolkurrikulum, sommer al op laerskoolvlak. Daar was heelwat reaksie op hierdie aankondiging: Party mense is rebels. Hulle sê hulle sal weier. Hulle kinders sal weier. Die Gees van God vra vandag vir ons iets anders, iets baie meer as om net te mor en te weier. Is God die hoogste Gesag? Woordverkondiging, Handelinge 4, ds Gustav Opperman,. Die Gees van God vra vandag van ons iets anders ... iets baie meer as om net mor en te weier ... Die Gees van God vra vandag van ons iets veel gevaarliker die Here vra of ons bereid is ... of ons ‘n vurige verlange het om die Naam van Jesus Christus te verkondig? Die Gees van God vra vandag van ons iets anders ... meer as om net in hierdie geval aan die staat ongehoorsaam te wees ... meer as net burgerlike ongehoorsaamheid. Die Gees van God vra verwag van ons dat ons aan die Seun van God gehoorsaam sal wees . As ons Jesus se Naam bely, dan het ons God se gesag herken. En dis wat hierdie klein groepie gedoen het. Dis wat hierdie klein kuddetjie gedoen het. Hulle begin om God se gesag ... en sy gesag alleen te erken. Hulle het eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het Here, U is die God! Die Griekse woord wat hier vir God gebruik word, kom nie dikwels in die Nuwe Testament voor nie. Dis die woord “despotees\ Dis na aanleiding van hierdie woord dat ons van ‘n despoot praat ‘n alleenheerser, die ware groot baas oor alles en almal, die aller Allerhoogste .. Ons het te doen met die despote van die Joodse Raad, ons het te doen met die despotisme van kerklike vergaderings en sinodes ... Ons het te doen met koning Herodes, goewerneur Pilatus, keiser Caligula en President van China, of die minister van onderwys hier plaaslik ... die owerstes en die konings van die aarde. In hulle name word dekrete uitgevaardig ... word daar gehiet en gebied ... word beveel en verbied word daar verpligte onderwys kurrikulums afgekondig. Maar U Here is die Despoot wat die hemel en die aarde en die see gemaak het ... en as U gepraat het, is dit vir ons onmoontlik om teen u wil in te gaan! Bron: Handelinge 4 Seksvoorligting: Opstand teen die Staat of Gehoorsaamheid aan God? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 03 08 Kontakbesonderhede ivm Tuisonderwys en Christelike privaatonderwys: 1) Tuisskoolvereniging van SA: SA Homeschoolers (Webblad in Afr en Eng beskikbaar) https://www.sahomeschoolers.org/ Hulle is ook of Facebooek en Twitter. Skryf ook in op hulle YouTube-kanaal: SA Homeschoolers. Daar is 6 video's wat vrae beantwoord wat dikwels gevra word oor tuisonderwys: Is Homeschooling legal in SA? Why parents choose Homeschooling. What about socialization? What does Homeschooling cost? How to get a matric through Homeschooling. How to start Homeschooling. 2) Pestalozzi Trust - Freedom to Provide Home and Private Education Phone: 012 330 1337 Mobile: 071 192 6070 E-mail: defensor@pestalozzi.org Christelike privaatskole: 3) Instituut vir Christelike Onderwys https://www.ico.org.za/ Sien hulle op FB. Hulle het ook 'n ICO-nuusbrief. Starkeylaan 1249, Waverley, Pretoria, 0186 (by die Gereformeerde Kerk Totiusdal) 4) Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys: https://www.bcvo.co.za/ Landlynnommer: 012 361 5793 Loopfoon: 071 896 1322/3 Of stuur 'n epos aan: bcvo@bcvo.co.za Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 226
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page