top of page

Onskuldig voor God/Innocent before God Roman
Preek Romeine 1 - Woorde uit sy Woning
Onskuldig voor God/Innocent before God - Hoe om die skaal te balanseer? Ds Gustav OppermanWoorde uit sy Woning Romeine no 4: Romeine 1:1-17 (Kyk die video enduit om te verstaan hoe ons onskuldig voor God kan wees.) Ons kom vanaand uit by die hart van hierdie brief ... die een stelling, wat die res van die brief inlei ... en die een stelling waarna die res van die brief telkens terugkeer. Ons kom vanaand by die vers wat die Reformasie 500 jaar gelede aan die brand gesteek het. Hy wat op grond van sy geloof geregverdig word, hy sal lewe. Gaan ons nog so paar jaar verder terug ... na die jaar 1511, vind ons ‘n jong Duitse monnik Maarten Luther in Rome. Soos so baie ander is hy op ‘n bedevaart na die sentrum van die Katolieke Kerk ... om daar verligting vir sy geestelike wanhoop te vind. U sien, hierdie Luther het God ernstig opgeneem en hy het ‘n groot stryd met sy eie sondigheid gehad ... ‘n baie groot stryd. Sy hele wese het uitgeroep: Waar kan ek ‘n genadige God vind? Soos Job in die Ou Testament het Luther geworstel met die vraag: Hoe kan ‘n mens by God regverdig wees? (Job 9:2) Destyds, in Rome was daar ‘n stel trappe ... Dis vandag nog daar ... die sogenaamde Pilatus trappe. Volgens die Katolieke kerk was hierdie trappe oorspronklik deel van Pontius Pilatus se paleis in Jerusalem ... As jy baie goed kyk, sê hulle, sal jy Jesus se bloed druppels daarop raaksien. En jy, liewe pelgrim, kan daar vir jou sonde boete doen. Jy kan verligting vind vir jou verskriklike las as jy biddend, op jou knieë hierdie trappe uitklim ... En so al biddende op sy rou knieë saam met al die ander het Luther die trappe uitgestyg. Jare later het hy sy seun vertel wat daardie dag met hom gebeur het ... Terwyl hy so boontoe sukkel het daar ‘n teks by hom opgekom ... dit wat ons vanaand gelees het: Die regverdige sal uit die geloof lewe. Met daardie teks in sy hart het hy opgestaan en na Duitsland teruggekeer en begin werk aan sy leerstellinge ... dit wat sou uitloop op die Hervorming. So eenvoudig soos dit. Nou moet ons onsself tog afvra: Hoe het dit gebeur dat Luther nie hierdie waarheid eerder gesnap het nie? Bron: Preek Romeine 1.17 Onskuldig voor God Aanddiens Thaba 2018 09 16 Teks: Romeine 1:16 die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. Tema: Om die skaal te balanseer Musiek in hierdie video: Saraband and Variations (Händel) Orrelis – Mariaan Senekal position: 635
bottom of page