
Ons Profeet geslaan
Matt 27 Ds Gustav Opperman GK Rooiwal @WoordeuitsyWoning
Profeteer vir ons, Christus! Wie is dit wat U geslaan het? Hy weet goed wie dit is wat Hom geslaan het ... En sy antwoord is telkens weer: “Dis God” ... Wie is dit wat U geslaan het? En weer en weer antwoord Hy: “Dis my Vader” ... Woordverkondiging: Matt 27, ds Gustav Opperman GK Rooiwal @WoordeuitsyWoning.
Want God het Hom wat geen sonde geken het nie, Die Vader het Hom sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom (2 Kor. 5:21). Dis goed dat hierdie Profeet geblinddoek is nou kan Hy nog beter na binne sien ... Hy kan God sien ... Daar heel bo op die profeteberg, Daar waar die rukwinde die swaarste waai ... Daar waar net Hy kon staan ... Ja, die mense, die Joodse Raad, sy eie mense van Nasaret Hulle wou Hom almal van die profeteberg afsmyt ... maar Hy klim ... al hoër klim Hy ... tot daar waar die altaar wag ... daarom verduur Hy dit ... verduur Hy dit om buite die wet te wees ... verduur Hy ‘n verbanningsformule sonder gebed, die haat en die hoon ...
Nou hier in die nes van die adders in die nag van dubbele geblinddoekte duisternis ... buite die wet en buite alle genade ... weet Hy ... Hy weet sy Vader beskik uiteindelik alles te goede vir die wat Hom liefhet en sy gebooie bewaar ... weet Hy God is reg in al sy weg en werk ... So het God dan toegelaat ...
Bron: Lees Mat. 26:57-75
Teks: 67,68
Psalms: Ps 89:1,2,5,6,7,8,9,10
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/