top of page

Om God te kan hoor! Oh but to hear God!

Preek Romeine 3 - Woorde uit sy Woning

Recipients of God's Word, to whom Jehovah's Word was entrusted. Through Moses the LORD gave His Word to the people. On Mount Sinai, God spoke to Moses and with our fathers, (thus the deacon declares Stephen in Acts seven), Moses received the living words to give to us (Acts 7:38). Living Words. There are many words in this world beloved, many words, but living words ... are rare. The Jews received God's sayings. A divine revelation. Words Spoken by God. No greater favor can befall us than to be addressed by God. Think for a moment of the British royal house, An institution eagerly followed by many millions on social media. If Prince Harry moves through the crowd with his bride and he stops to talk to someone in the crowd, then that person is overly delighted. He actually spoke to me! He talked to me! How infinitely more does it mean that God spoke to someone, that God spoke living words ... On the other hand, brothers and sisters, there may be no greater loss if God did not speak, if the voice of the LORD were silent? Nothing can be worse! If you want to understand the essence of humanity's problem and God's answer to that, read the letter to the Romans. After nearly two thousand years, this letter, like the rest of the Bible, has resisted the test of time, and it only shines with urgent topicality today. Paul, the slave of Jesus Christ, had an intention to visit the Christians in Rome. For several reasons it was not possible and therefore he wrote to them a letter ... a remarkable letter. This letter explains the main doctrines of what he calls the Good News. The letter to the Romans would later become the fundamental document of the Christian doctrine. Rev Gustav Opperman guides you on this journey or sermons from Romans. Ontvangers van God se Woord ... wat die HERE aan hulle toevertrou het. Deur Moses het die HERE sy woord aan die volk gegee. Op die berg Sinai het God met Moses gespreek en saam met ons vaders, (so verklaar die diaken Stefanus in Handelinge sewe), saam met ons vaders het Moses die lewende woorde ontvang om aan ons te gee (Handelinge 7:38). Lewende woorde. Daar is baie woorde in hierdie wêreld geliefdes, baie woorde, maar lewende woorde ... dis skaars. Die Jode het God se uitsprake ontvang. ‘n Goddelike openbaring. Woorde wat deur God gespreek is. Geen groter guns kan ‘n mens te beurt val nie as om deur God toegespreek te word nie. Dink ‘n vir ‘n oomblik aan die Britse koningshuis, ‘n instelling wat deur baie miljoene die wêreldoor aangehang word. As Prince Harry met sy bruid deur die skare beweeg en hy stop om met iemand in die skare te praat, dan wil daardie persoon die floute kry. He actually spoke to me! Hy het met my gepraat! Hoe oneindig meer beteken dit nie dat God met iemand gepraat het, dat God lewende woorde gepraat het. Aan die ander kant, broeders en susters, kan daar ‘n groter verlies wees as God nie praat nie, as die HERE se stem stil geword het? Niks kan erger wees nie! As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. In hierdie reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou op hierdie reis Bron: Om God te kan hoor! Oh but to hear God! Gustav Opperman Justified Rom#12 Reg voor God Bevoorreg om die Woord te hoor! Romeine 3 :1 Music: Saraband and Variations - Händel position: 586
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page