
Om by Jesus te wees!
Hebr 12:14 Ds Gustav Opperman Nagmaalreeks 25 GK Philippolis @WoordeuitsyWoning
Die hemelse Jerusalem is nie ‘n onbewoonde plek nie. Daar is die tien-duisende engele. Saam met die gemeente van eersgeborenes is hulle ‘n feestelike vergadering. Engele wat op ‘n stadium die ingang na die tuin van Eden afgesper het. Engele wat die hemelse heerlikheid bewaak het, bewaak het met die swaard wat vlam en flikker (Gen 3:24), nou saam met God se gemeente, saam daar op die berg Sion. My Verlosser is God se Eersgeborene (so lees ek in Hebreërs 1:6), maar deur Hom is daar nou ‘n gemeente van eersgeborenes, waarvan ek een is.
Lees Heb. 12:14-24
Teks 12:24 (Julle het gekom ) by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.
Tema: Om by Jesus te wees.
Psalms 9:1,7,10; 9:12,13; 23:3; 116:7,9; 84:3,5.