top of page

Net twee soorte mense

Preek Psalms 1 - Woorde uit sy Woning

In die klaskamer van God se Woord is daar altyd net twee moontlikhede. Dis of die Persoon van die Here Jesus Christus, of dis Satan. Daar is net een van twee bestemmings: Dis of die nuwe Jerusalem of die buitenste duisternis. Daar is net twee soorte mense: Goddeloses en regverdiges. Woordverkondiging: Psalm 1, ds Gustav Opperman,. Kinderlik maklik, nê? Miskien ... te maklik vir die mens van vandag, die mens wat met sy onbeperkte vermoëns die geheime van die kosmos kan ontsluit die mens wat seker is dat alles nie net wit of swart is nie, maar dat daar ook meer as 50 skakerings van grys is. Trouens tussen wit en swart lê daar vir hulle nog al die kleure van die reënboog. In die supermark van denksisteme en denkraamwerke is die keuses feitlik onbeperk. Die mens kan kies ... jy kan kies. Jy kan tot jou eie geslag kies. Jou keuses is so wyd soos die tientalle kanale op die spyskaart van die DSTV skottel. So wyd soos Multi-Choice. Dis nie waar ons vandag is nie. Vandag lê ek nie op die rusbank voor die groot TV skerm nie. Vandag sit ek soos ’n kind in die Here se klaskamer. Vandag sit ek aan die voete van Meester Jesus. En daar is net twee moontlikhede: Dis of die weg van die Here ... of die ander pad, die pad na nêrens. Net twee soorte mense: die Saad van die vrou of die Saad van die Slang. Bron: Psalm 1 Net twee soorte mense Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 01 26 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 110
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page