top of page

Net een Messias!

Preek Psalms 4 - Woorde uit sy Woning

Die volke en nasies verlang na ‘n messias, ‘n koning, ‘n verlosser. een wat kan rig met ‘n wys beleid, een wat hul saak kan besleg, een wat hom oor die onderdruktes kan ontferm, een wat oordeel volgens reg ... 'n bringer van rus en vrede en geregtigheid. Ook die Afrikanervolk ken sy Messias versugtinge. Woordverkondiging: Psalm 72, ds Gustav Opperman,. Vandag wil ek ook ‘n Messias aan julle verkondig, geliefdes en omdat ek van geen ander iets wil weet, verkondig ek aan julle Jesus Christus en Hom as die gekruisigde, sodat julle geloof nie in die wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, die God wat alleen wonders doen! En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen. As Psalm 72 bid dat daar volop koring in die land sal wees dan sien ons hoe die ware Messias die brood vermeerder en dit aan die skare uitgedeel word met 12 mandjies vol wat oorbly .. Hy heers oor die brood en die vis ... Hy heers oor die golwe van die see ... want alles is deur Hom en tot Hom geskape ... Hy heers ook oor siekte en ja, Hy heers ook oor die dood ... Hy is Jesus Christus in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is (Kolossense 2:3). so skryf die apostel Paulus aan die Kolossense .... Bron: 1 Konings 4:20-34, Psalm 72 Net een Messias! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 09 18 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 133
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page