top of page

Nagmaal:Wie mag? Wie moet? Doen jy wat goed is in jou eie oë?

Preek Psalms 50 Heidelbergse Kategismus 30 - Woorde uit sy Woning

Dis lank reeds dat ons, wanneer ons God in ons gedagtes oproep, dan dink ons: Hy is net soos ek. Lank reeds dat ons nie meer Psalm 50 lees en besef dat God ons manier van dink ordelik voor Hom sal stel, dat God van ons optrede rekenskap sal eis, dat God ook van ons besluite en optredes rondom die kerklike lewe boekhou. Wanneer ons dus erns maak met die sakramente, soos Hy ons in sy Woord beveel het, dan skeur ons nie daardie bladsye uit die Bybel uit nie, die bladsye wat ons beveel om erns te maak met die nagmaal nie ... Ons skeur ons harte ... en berei ons voor om na die Nagmaaltafel te gaan! Hierdie is die 41ste video in die Troosreeks: Bely uit die Psalms. U sal daar onder die afdeling: Kategismus en Belydenis in Aktuele Styl die snitlys vind vir die heleTroosreeks: Bely uit die Psalms. Bron: Psalm 50 Heidelbergse Kategismus Sondag 30 Nagmaal: Wie mag? Wie moet? Doen jy wat goed is in jou eie oë Bely uit die Psalms Troosreeks#41 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 02 04 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: 1)Openingsmusiek: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 2) Slotmusiek: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 467

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page