top of page

My mense, my smart!

Preek Romeine 9 - Woorde uit sy Woning

Paulus beleef ‘n diepgaande hartseer oor sy broers en susters en sy volksgenote wat nie deel is van diegene wat eendag voor die troon van God sal staan om daar vrygespreek te word nie. As dit jou nie raak nie, dan is jy deel van die “frozen chosen”. Dieselfde liefde wat Christus vir sondaarmense gehad het, vuur ook vir Paulus aan om steeds te bid vir sy eie mense wat besig is om verlore te gaan. Miskien, miskien gee God hulle bekering! Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Ek weet my verlossing is verseker. Ek weet my uitverkiesing staan vas. Ek weet my siel is in die hemel geanker... Wat ‘n ongelooflike vooruitsig! As ek enigsins iets verstaan het van dit wat tot dusver in hierdie brief staan, dan sal ek nie anders kan as om bly te wees nie, sal ek nie anders kan as om my altyd in die Here te verbly nie. Terselfdertyd, as ons enigsins iets verstaan van dit wat ons tot dusver in die brief gelees het, dan sal ons nie anders kan as om diep bekommerd te wees nie ... diep bedroef te wees oor diegene wat besig is om verlore te gaan. Ons het vanaand se erediens begin met die groet: Geliefdes. Die verskriklike feit is dat daar onder u iemand kan wees ... iemand wat selfs langs jou sit ... die feit dat daar daarbuite ‘n familielid kan wees ... die feit dat daar ‘n kollega by die werk kan wees, wat nie ‘n geliefde is nie. As dit jou nie raak nie, dan is jy deel van die frozen chosen. As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. In die reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou op hierdie reis. Bron: Romeine 9:1-5 Teks: Romeine 9:2 “Dit is vir my ’n groot droefheid en ’n onophoudelike smart vir my hart”. My mense, my smart! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 12 15 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Music used in this series: Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa. This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition position: 302
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page