top of page

My dae maak saak!

Preek Jesaja 38 - Woorde uit sy Woning

Sommige dinge is makliker gesê as gedaan: Om nie net ‘n ewigheidsgeloof te bely nie, maar ook elke dag te behou en te beleef. Om te weet en te glo dat die dinge wat ek vandag doen, wat ek in my dae aanvang, dat dit op die ewige lewe betrekking het. Woordverkondiging uit Jesaja 39, ds Gustav Opperman. Vanoggend weer het ons vir mekaar gesê, voor die Here gesê, teenoor die wêreld bely: Ek glo in ‘n ewige lewe. Met ander woorde: Ek glo in ‘n ewige heerlikheid in die teenwoordigheid van ‘n ewige Koning. Die spreekwoord lui egter: Makliker gesê as gedaan. Om nie net ‘n ewigheidsgeloof te bely nie, maar ook elke dag te behou ... te behou en te beleef. Om te weet en te glo dat die dinge wat ek vandag doen, dat die dinge wat ek aanvang, wat ek in my dae aanvang, dat dit op die ewige lewe betrekking het. En die ewige lewe gaan oor meer ... meer as vandag se vrede en bestendigheid wat almal so graag wou hê. Vrede en bestendigheid in my dae. Dit was waarmee Koning Hiskia tevrede was ... Bron: Jesaja 38, 39 My dae maak saak! Grendelpreek Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 07 19 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 370
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page