top of page

Moet niemand afskryf!

Preek Romeine 11 - Woorde uit sy Woning

Baie kerkmense het nie eens ‘n saak met hulle eie volk nie, voel vere vir die Afrikanervolk, hulle geskiedenis, hulle geloftes en die wonderlike manier waarop God met hulle gewerk het. Wat nog te sê met die Joodse volk en die staat Israel? Feit van die saak is, Geliefdes, die Here werk nie net met individue nie. Hy werk ook met volke. Hy roep nie net individue nie. Hy roep ook volke. Hy het nie individue uitverkies nie, maar ook volke ... al is nie elkeen in daardie volk, man-vir-man en vrou-vir-vrou deel van die gereddes is nie. Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Wanneer die apostel Paulus hier in ons Skrifgedeelte van God se volk skryf, moet daar by ons geen twyfel wees nie: dit gaan hier die fisiese afstammelinge van Abraham. Dit gaan oor die Jode, Die apostel se stamgenote na die vlees. Vanaf die begin van hoofstuk nege het dit merendeels oor hulle gegaan: die Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort ... Nou, omdat hierdie hoofstuk oor die Jode gaan, en nie almal in die Joodse volk belangstel nie. ignoreer baie predikers hierdie hoofstuk. Wat die Joodse volk betref, kan ons na twee kante toe fouteer. Ons kan hulle so ernstig opneem dat ons meer na die mediaopskrifte aangaande Israel kyk, as wat ons ons Bybel lees. Daar is Christelike groeperinge wat dit doen, wat ‘n obsessie met die lotgevalle van die Jode het en sodoende die hele evangelie aangaande Jesus Christus skeef getrek het. Ander weer, het geen belang by Israel nie ... en glo inderdaad dat hulle wel ‘n verstote volk is. Dat dit nie God se ingesteldheid nie, is duidelik uit hoofstuk nege tot elf in hierdie brief aan die Romeine. Bron: Romeine 11:1-10 Moet niemand afskryf! Romeinereeks: Reg voor God#53 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 03 15 Music used in this video: Romeinereeks Sarabande YouTube Audio Library Sarabande Classical Dramatic Joel Cummins 2:01 YouTube Audio Library License You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required. YouTube may credit the artist and link the Audio Library from your video. You may not make available, distribute or perform the music files from this library separately from videos and other content into which you have incorporated these music files (e.g., standalone distribution of these files is not permitted). position: 217
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page