top of page

Moenie nou verslap nie! Christelike wedloop

Nagmaal Belydenisaflegging Preek Hebreërs 12 - Woorde uit sy Woning

Eerste diens (Voorbereiding & Belydenisaflegging) Heb. 12:1-3, 12-17, Teks 12 :1 Tema: die Christelike wedloop. Die wedloop van Hebreërs 12 is ‘n geestelike maraton van die ultra tipe. Ons word aangemoedig om dié wedloop te hardloop. Dis wat die Bybel ons hier leer. Ja, dit is jammer om te sê, maar baie Christene is glad nie op die baan nie. Ander drentel rond ... dan op die baan ... en dan langs die kant. Daar is ook baie teenstand vir die hardlopers van die Christelike wedloop. Die toeskouers is nie baie geneë dat die gelowige hierdie wedloop moet voltooi nie. Daarom het die Here vir sy atlete ‘n “wolk van getuienis” gegee (Heb. 11) Mees dikwels is die Christelike hardloper sy eie grootste teenstand. Daardie teenstand dra die atleet in die geloof dikwels aan sy eie lyf. Ons Skrifgedeelte praat van die laste wat afgelê moet word, hindernisse wat die hardloper self belemmer (vgl. ook 1 Kor. 10:23). ‘n Mens wat oorgewig is, kan nie aan ‘n ultra-maraton deelnaam nie. Daarom moet ek ontslae raak van die ekstra geestelike kilo’s, wat my in hierdie wedloop kan belemmer. Daar is ook die sonde wat die atleet so maklik omring. Daar is nog ‘n eienaardigheid aan hierdie Christelike wedloop. Hier is geen wenners nie. Hier is net voltooiers. En ons help mekaar altyd. Ons pas op dat niemand van ons in die genade van God veragter nie. Behalwe die besondere ampte, het ons die hele gemeente in die amp van die gelowige. Ons hou mekaar se hande vas. Deur ander te bemoedig in die geloofstryd, bemoedig jy ook jouself. Daar is net een manier om hierdie wedloop klaar te maak .Jy moet jou gedagtes rig op eerste Man wat jou in hierdie wedloop voorgegaan het, jy moet jou geloofsoog fokus op die eerste Man wat hierdie wedloop voltooi het. Hy wat die wedren reeds voltooi het, het vir ons ‘n verversingstasie langs die baan opgerig. Kom volgende week. kom sit aan, gee vir mekaar die beker en die brood aan. Dit is ‘n wonderlike lafenis vir die siel. position: 723
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page