top of page

Miskien hoor ons!
(Jer 36; 2Tim 4) Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
As hierdie Bybel oopgemaak word, dan gaan God se mond oop. Dan gaan God se hart oop, 'n hart wat so toornig kan wees soos geen mens nog ooit toornig was; 'n hart wat so liefdevol kan wees soos geen mens nog ooit liefgehad het nie. Hier is dit nou alles bymekaar in 'n boek. Neem dit en lees dit en lees dit weer en hoor: Dit gaan oor jou lewe!
Bron: Lees: Jer 36; 2 Tim 4:1-5
Teks: Jer 36:3 Miskien sal die huis van Juda luister.
Tema: Miskien sal ons luister?
Psalms: 89:3,6; 119:11,25; 40:4; 33:1,5,6
bottom of page