top of page

Melkskommel godsdiens?
Preek Lukas 9 - Woorde uit sy Woning
Vir ‘n oomblik word die gordyn weggetrek. Die gordyn wat die hemele en die aarde skei. Die gordyn wat die paradys en hierdie sondegevalle wêreld skei. Die apostels beleef iets van die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem! Woordverkondiging Lukas 9, ds Gustav Opperman. Vir ‘n oomblik beleef hierdie drie apostels iets van die ander kant ... daardie onsigbare wêreld anderkant die grens van hierdie lewe ... daar waar alle mense heengaan, maar niemand van terugkom nie ... Die apostels beleef iets van die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, iets van die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is iets van die geeste van die volmaakte regverdiges (Hebreërs 12:22,23) waarvan die Brief aan die Hebreërs skryf. Vir ‘n oomblik beleef hulle iets van dit wat so baie van ons graag wil beleef ... en dit is om kontak te maak met die ander kant ... in baie gevalle om kontak te maak met ‘n geliefde of geliefdes wat nie meer met ons is nie. Bron: Lukas 9 Melkskommelgodsdiens? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 12 26 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 22
bottom of page