top of page

Lofsang in die dood.

Preek Jesaja 24 - Woorde uit sy Woning

Ons bly in 'n stukkende wêreld. Ons bestaan op aarde is 'n gebroke bestaan. Daar is inderdaad 'n vloek wat hierdie aarde opvreet. Hoe kan ons God loof en prys alles om ons in stukke lê? Hoe kan ons geloof bely terwyl ons die dood in die gesig staar? Woordverkondiging uit Jesaja 25, ds Gustav Opperman,. Daar is inderdaag 'n vloek wat die aarde opvreet. As die afgelope tyd se nuusgebeure dit nie duidelike maak, dan is daar niks wat ons gouer by hierdie insig sal bring, niks wat dit vir ons so duidelik maak, as juis die dood nie, die dood wat ter enige tyd en ter enige plek daar kan wees. Die dood is 'n persoonlike saak. Niemand kan die dood vir ons ervaar nie. Niemand kan ook werklik vir ons sê hoe ons die dood van 'n geliefde ervaar nie. Hoe kan vriend of dominee weet hoe dit voel as daar 'n deel van jou lewe uit jou geruk is? as daar net 'n groot lelike gat is ? en elke dag net volgemaak word met verlange en nogmaals verlange. Die dood is 'n persoonlike saak en die hartseer van dood en verlies dra elkeen self. Maar, geliefdes, ons het reeds uit hierdie Skrifgedeelte gesien, gesien dat God 'n persoonlike God is … en hier in vers 25:8 sien ons dit weer … Die Here sal die trane op almal se gesigte afvee. Soos 'n vader wat sy kinders vertroos, sal die Here die trane van die gesigte afvee … Almal se gesigte … elkeen se trane. Nou kan ons die profeet se belydenis begryp Nou kan ons Jesaja se lofsang verstaan. Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam loof! U het wonders gedoen, dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer. Bron: Jesaja 24, 25 Lofsang in die dood Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 09 08 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 397
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page