
Laat ons die belydenis vashou!
Hebr 4 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Om vas te hou aan die Belydenis wanneer die Naam van jou Verlosser 'n vloekwoord geword het in die wêreld se media. Om vas te hou aan die Belydenis wanneer jou Verlosser op die markplein van godsdienste voorgehou word as maar net een van baie moontlikhede. Om met vrymoedigheid God se troon te nader, terwyl jy jou swakhede, jou tekortkominge, jou mismoedigheid, jou verslawings soos ysterkettings agter jou moet aansleep.
Om vas te hou aan die belydenis wanneer daar so min in die geloofsgemeenskap is wat dit werklik doen, wat dit werklik sigbaar doen … Om vas te hou aan die belydenis wanneer die professore aan soveel Teologiese skole dikwels net hulle twyfel kan bely. En om met vrymoedigheid God se troon te nader terwyl jou beste gebede soos gebarste ballonne om jou rondlê.
Bron: Sag 3:1-5; Heb 2:10-18; 4:14-16
Teks: Heb 4:14 … laat ons die belydenis vashou. Heb 4:16 …Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan …
Psalms: 84:1,2; 86:3.6; 66:1,7; 25:4,5
Opnamedatum: 2024 05 12
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/