top of page

Laat die Here se padbouers werk!
Preek Jesaja 40 - Woorde uit sy Woning
Daar moet ‘n pad, ‘n hoofweg vir die HERE gemaak word! In die woestyn, in die wildernis, daar waar die volk in al hulle ellende is. Daar waar hulle in die sweet van hulle aangesig vorentoe strompel, daar waar hulle tussen wilde diere, tussen die slange en die skerpioene hulle pad vorentoe moet vind. Daar waar almal wat dors het, bly. Daar waar al wat siekte en plaag is, wandel. Woordverkondiging, Jesaja 40 ds Gustav Opperman. Skryf in op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning vir bykans 500 preke, Bybelstudies en kortvideo's. Maak die pad van die HERE gereed in die woestyn! Maak ‘n grootpad vir ons God in die wildernis. Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel moet wegsak. Hobbelrige plekke moet gelyke grond word. Nou wat is die geestelike betekenis van hierdie opdrag? Dis belangrik dat ons dit verstaan. Nie net omdat dit hier in die professie van Jesaja staan nie, maar ook omdat die laaste profeet in die Ou Testament, Maleagi self daaroor skryf: Kyk, Ek stuur my boodskapper! Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan (Mal 3:1). Drie evangelieskrywers verwys ook na hierdie professie ... Markus, Matteus en Lukas. Berei die weg van die Here! Daar in hierdie volk se woestynomstandighede moet die volk voorberei word vir die HERE se koms en in daardie voorbereiding moet die harte van die volk aangeraak word. Spreek na die hart van Jerusalem, (het ons gelees). Die weg van die HERE loop na die hart van sy volk ... en dit wat hoog is moet afgebring word en dit wat laag is, moet opgehef word ... Die pad na die volk se hart moet gelyk gemaak word. Elkeen het die troos van die Here Jesus Christus nodig. die wat onder in ‘n donker gat van depressie en mismoedigheid geval het ... die wat elke dag strompel en struikel om hulle pad deur hierdie woestyn te vind hulle het dit nodig, hulle het dit vanselfsprekend nodig ... nodig om die evangelie woord te hoor. Troos, troos my volk. Ons moet dit vandag ook hoor, nie waar nie. Die HERE het gekom en Hy het ons sondeskuld betaal, ons stryd is verby, want Hy het dit vir ons gestry. Die HERE het gekom en Hy kom weer. Wie moet dit doen? Wie is die padbouers wat hierdie opdrag het? Dis die HERE se profete, wat dit moet doen ... Die verkondigers, die aankondigers, die heroute wat vooruit gaan ... Jesaja en die ander profete het dit inderdaad gedoen ... Bron: Jesaja 40 Laat die padbouers werk! Erediens: Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 01 17 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 242
bottom of page