top of page

Kyk, die Kneg!

Jes 42 Ds Gustav Opperman GK Elandskraal

“Die hof is nou in sitting!” Dis ‘n hofsitting teen die agtergrond van die krisis wat die Westerse wêreld tans in die gesig staar. Dis ‘n hofsitting te midde van ons patetiese geskarrel tussen al die afgode in ons lewens. Met wie wil julle die lewende soewereine God vergelyk? Hoe durf julle? Dis God se aanklag teen die mensdom. Woordverkondiging: Jesaja 42, ds Gustav Opperman, GK Elandskraal,  @Woorde uit sy Woning .  


Nou is die kans om julle saak voor te lê. Nou het julle geleentheid om julle onskuld te bepleit Bring julle afgode ... Bring die afgode  waarvoor julle die lewende God te syde gestel het, waarvoor julle Hom op die kantlyn laat staan het ... waarvoor julle Hom waardeloos gemaak het ...  


Die hoofklag is dat ons die rug op die enige ware God gedraai het ... dat ons Hom versmaad het dat ons Hom nie met ons hele hart, ons hele verstand,  met ons hele siel en met ons hele krag lief het nie ... Dis die eerste en die belangrikste van al die gebooie.  


Bron: Jes 41:1 - Jes 42:9 

Teks Jes. 42:1 Daar is my Kneg wat Ek ondersteun,  my Uitverkorene in wie my siel ‘n welbehae het.  Ek het my Gees op Hom gelê;  Hy sal die reg na die nasies uitbring  

Tema: Diens tot eer van God 

Opnamedatum: 2022 07 10


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  Orrelis: Harry Jonkers Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page