top of page

Koronakrisis 2020 nC: Ons beleef God se dae!

Preek Lukas 2 - Woorde uit sy Woning

Hoe sal ons 10 of twintig jaar van vandag van die gebeure van die jaar 2020 praat? Sal ons sê: In daardie dae was dinge darem deurmekaar? Die gebeure van ons tyd het dinge darem lekker deurmekaar gekrap? ‘n Viruspandemie het die hele wêreld in ‘n staat van paniek geplaas. In ons omstandighede sak die plaag toe op ‘n land wat reeds besig is om weens armoede en misdaad te ontbind en dan bo-op dit alles ‘n staat wat (so wil dit vir ons lyk) skielik homself as besonder heersugtig openbaar met allerhande drakoniese maatreëls.. Ja, skielik in hierdie dae het ons van die staat se mag bewus geword. Ons kom en gaan. Ons koop en verkoop .Ons vermoë om ‘n inkomste te verdien ... word deur presidensiële dekrete bepaal. Die gemeente se voorreg om God met die eredienste te vereer is plotseling daarmee heen. As predikant mag ek die gebrokenes van hart nie besoek nie ... Ons vryheid is ontneem. Ons is ingeperk. ‘n Aandklokreël geld. Vir alle praktiese doeleindes is elkeen van ons onder huisarres. En hierdie dae wat ons nou beleef ... is almal dae waar sy Woord besig is om in vervulling te gaan. Niks gebeur buite om die vervulling van God se Woord nie ... ‘n Rubriekskrywer het nou die dag geskryf dat hierdie dae wat ons tans beleef die gang van die hele wêreldgeskiedenis gaan verander, dat ons hierna die jaartelling anders sal meet: vC, voor Corona en nC, na Corona. Nee! Die gang van die wêreldgeskiedenis is reeds bepaal. Die wending, die draaipunt het reeds gekom. Die dae gaan in vervulling op bevel van die Seun van Dawid, Hy aan wie alle mag gegee is: alle mag in die hemel en ook op die aarde. Bron: Lukas 2 Koronakrisis 2020 nC: Ons beleef God se dae! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 05 01 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 417
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page