top of page

Korona resessie en depressie: Wat gaan van ons word?
Preek Matthéüs 6 - Woorde uit sy Woning
Hierdie man sê vir my: Moenie besorg wees nie! En ek sê: Ja ... ja, maar! Jy sê vir my: Moenie jou bekommer nie! Ek sê: Jy besef miskien nie. Ons het nou te doen met ‘n onsigbare pes wat die ganse wêreld- bevolking bedreig. Mense sterf in hulle duisendtalle. Jy besef nie: Die wêreld-ekonomie stort ineen! Wat gaan dan van ons word? Geen werk! Geen geld! Geen kos! Nog meer armoede ... Tien maal meer misdaad as wat daar alreeds is ... en jy sê vir my: Wees oor niks besorg nie! Ek hoor jou, Paulus. Ons neem kennis, ou maat, maar ons weet ook: Jy is nie ‘n mediese ekspert nie en allermins ‘n kenner op die gebied van die ekonomie. Wie is hierdie Paulus wat vir my sê: Moenie jou bekommer nie? Wie luister buitendien nog na hom? Hierdie slaaf het ook al vir die kerk gesê dit is nie geoorloof vir ‘n vrou om in kerklike ampte te dien nie ... Hierdie slaaf het ook al gesê dat sodomie ‘n sonde is wat God met die ewige dood sal straf, en omtrent niemand in die kerk luister meer na hom nie. Hoekom sal ons nou na hom luister? Wie is hy om te midde van hierdie pes om te midde van resessie en depressie vir ons te sê: Moet oor niks besorg wees nie? Bron: Mattheus 6:24-34, Filippense 3:17-4:9 Korona resessie en depressie: Wat gaan van ons word? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 04 12 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 429
bottom of page