
Koop die tyd uit
Ef 4 Ds Gustav Opperman GK Philippolis @WoordeuitsyWoning
Julle het mos meer as genoeg van julle tyd gemors met die verkeerde dinge, met kaf en met snert en tydverdrywe wat waardeloos is. Gebruik die tyd wat julle oor het in hierdie lewe, elke dag, elke sekonde. Gebruik dit nou tot eer van God! Ons lewe in slegte tye. soos Paulus ook aan Timoteus skryf: die tye in die laaste dae sal swaar wees: mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, sonder liefde vir die goeie, roekeloos, verwaand. meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God (2Tim 3:1 ev.) Dis die tydsgees waarin ons leef. En omdat hierdie tydsgees ongunstig is, moet ek elke moontlik geleentheid wat daar is, aangryp, die tyd uitkoop.
Bron: Lees: Ef 2:1-10; 4:17-5:21
Teks: Ef 5:16 koop die tyd uit, omdat die dae boos is.
Tema: Kosbare tyd
Psalms:135:1,2; 135:3,8; 25:5,6; 66:7,8; 34:6,8
Opnamedatum: 2024 04 14
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/