
Koning van die Heelal (Een geslag na die ander bely dit!)
Preek Psalms 45 Heidelbergse Kategismus 13 - Woorde uit sy Woning
Dis wat ons doen, nie waar nie? Ons vermeld die Here se Naam ... Sondag na Sondag, jaar in jaar uit ... van geslag tot geslag ... en as die een geslag by hulle vaders versamel is, dan is daar ‘n volgende geslag wat dit voortsit: “Ek glo in die Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, ons Here!” Min of trouens geen, politiek leier het die vooruitsig dat die volke hom vir ewig en altyd sal loof ... Hierdie is nie Prince William en Catherine Middelton wat voor my staan nie. Dis nie Prince Charles en Princess Diana nie. Dis die Here Jesus Christus en sy bruidskerk. Die bruidskerk waarvan ek deel is! Hy het my verlos. Hy het met sy kosbare bloed vir my betaal. Psalm 45 sê hierdie Bruidegom is veel skoner as die mensekinders. Genade is uitgestort op sy lippe. In Lukas 4 lees ons: Almal was verwonderd oor die aangename woorde wat by Jesus se mond uitgekom het (Lukas 4:22). Wie was hierdie Bruidegom wat sy Bruid, die Kerk van alle eeue, verlos het? Hoe vervlak die meeste kommentare dan Psalm 45 heeltemal tot 'n alledaagse heerser en koning? Wat is die diepere betekenis van Psalm 45 vir die gelowige? Bron: Psalm 45 HK 13(deel 2) Koning van die Heelal (Een geslag na die ander bely dit!) Bely uit die Psalms reeks#21 Musiek gebruik in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 565