
Kom tot rus in God
Ps 131 & 133 Ds G Opperman Nagmaal & Nabetragting GK Matlabas Nagmaalreeks 17B&C
Ons hoor die oproepe tot die mens van ons tyd: “Verwesenlik jouself” “Bereik die hoogste sport” “Bou aan jou selfbeeld” Ons nagmaal sê: Ons bedevaartslied, Psalm 131 sê: verneder jouself, klim eerder af ... klim af selfs laer as die laagste sport. Voor God lê jou selfbeeld buitendien aan skerwe. Ps 131 3n 133 Nagmaal en Nabetragting, GK Matlabas, ds Gustav Opperman
Soos ‘n baba ten volle vertroos. Daar waar elke ware gelowige uiteindelik wil wees, in vrede ... vrede om net maar naby die HERE te wees ... weer kind by God. Dis moeilik vir ons om soiets te ervaar Dit beteken ... (so sê Dawid vir ons in hierdie Psalm ) dit beteken ek moet eers van die boonste troon afklim. Met my hoë hart ...moet ek eers grond toe kom. Met my trotse oë ... moet ek eers grond toe kom. Die Latynse woord vir nederig is humilis. Humilis beteken: dit wat op die grond is. Die siel wat laag buk, ja, tot op die grond gaan lê, die siel wat homself as niks ag nie ... dié ontvang God se genade.
Bron: Psalm 131 & 133
Opnamedatum: 2018 05 27
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/