top of page

Klein Wonderwerke! Sien jy dit?

Preek Jesaja 24 - Woorde uit sy Woning

Hoedanig is die koninkryk van God? Hoe lyk God se heerskappy in hierdie wêreld? Dit begin klein, maar dit eindig groot. Woordverkondiging uit Jesaja 24 en Lukas 13, ds Gustav Opperman,. Besoek ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Bykans 370 video's om van te kies. Dit was die groot tema van Christus se prediking: Die koninkryk van God. Wat het die Here daarmee bedoel: Die koninkryk van God? Ons kan begin om dit te verduidelik deur 'n volgende vraag te vra: Wie is die regmatige koning van hierdie wêreld? Wie het die reg om gehoorsaamheid te eis? Wie het die reg om geëer te word? Wie praat werklik met gesag? Net Een, net Een het daardie reg. Dis God. Die grootste deel van die heelal, die skepping erken daardie reg. Die hemel is so 'n gebied waar God onbestrede regeer. Daar is niemand daar wat sy gesag uitdaag nie. Alles daar gebeur volgens sy wil. Almal daar het God lief en omdat die engele en die hemelwesens God lief het, is daar perfekte vrede en harmonie. Maar ons weet dat daar ook ander skepsels was en is, skepsels wat in opstand teen God gekom het: Hulle is die rebelle engele met die duiwel, die Satan, as aanvoerder. En almal van ons weet dat hy net op een plek nog mag het. Dis hier op aarde. Ons belydenis sê dat hierdie rebelle engele nie net vyande van God is nie, maar dat hulle soos moordenaars op die kerk loer (NGB Art 12). Oral daar waar die duiwel heers, is daar ellende. Hy is die tiran van alle tiranne, die wreedste diktator van alle diktators. Hy is die oorsaak van alles wat in hierdie wêreld verkeerd en lelik is. Alle korrupsie, bedrog, haat, siekte en ook die dood kan aan hom toegeskryf word. Bron: Skriflesing: Jesaja 24:1-25:9, Lukas 13:10-21. Klein Koninkrykswonderwerke Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2018 05 13 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 395
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page