top of page

Kinders verkondig God se heerlikheid

Preek Psalms 8 - Woorde uit sy Woning

Kinders in die kerk kan lastig wees. Hoe pla dit nie! Nee, sê die Heilige Gees. Ook die geluide van kleuters, ook die gebroke taal van klein kinders, ja, selfs die geskreeu van die babas in die kerk verkondig ook die evangelie. Juis die teenwoordigheid van kinders en suigelinge in die kerk vertoon die heerlikheid van die HERE! Woordverkondiging uit Psalm 8, ds Gustav Opperman,. Trouens, Uit die mond van kinders en suiglinge het die HERE sterkte gegrondves ... Uit die mond van kinders en suigelinge bou die HERE ‘n vesting. Die slagspreuk van die skare by Jesus se intog in Jerusalem ... Dis steeds op die mond van die kinders. Hulle weet niks en hulle verstaan niks. Hulle is na-apers, napraters, nasêers. Hulle speel ‘n spel. Hulle speel die spel van Hosanna vir die Seun van Dawid. Kinderlike rympies? Aan Hom is gegee alle mag in die hemel en op die aarde (Mat 28:18). Dit besef die owerpriesters en die skrifgeleerdes in Mat 21 natuurlik nie. Hulle is verontwaardig as die kinders in die tempel Jesus toeroep: Hosanna vir die Seun van Dawid ... “Prys die koning van Israel !” Hoe oneerbiedwaardig ... Hoe hinderlik en irriterend. Hosanna vir die Seun van Dawid ... “Hoor U Jesus wat hulle daar sê ... hier in hierdie heilige plek ...?” Nee, sê die Here Jesus, hulle kinderlike rympie is die vervulling van Psalm 8! Het die skrifgeleerdes en die owerpriesters dan nooit gelees nie ? Bron: Psalm 8 Kinders verkondig God se heerlikheid Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 04 22 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 325
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page