top of page

Kindergebed by die Sterfbed
Preek Lukas 23 - Woorde uit sy Woning
Wanneer iemand op sterwe is, dan spits ons ons ore, Dan is daardie persoon se laaste woorde baie belangrik: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor!” Jesus Christus se sterwenswoorde. Jesus Christus se afskeidwoorde. Woordverkondiging: Lukas 23, Psalm 31, ds Gustav Opperman,. Maar nou vra ons vandag, geliefdes Het ons regtig hier met sterwenswoorde te doen of ... of is dit dalk lewenswoorde ... net soos al sy ander woorde lewenswoorde was? Die eerste saak wat ons opval is dat hierdie Sterwende met ‘n groot stem uitroep. Ja diegene van u wat al by ‘n sterfbed gestaan het, sal weet ... die sterwende roep nie sommer met groot stem uit nie. Nee, daarvoor is die asempie gewoonlik al te swak. Op die bootjie oor die Doodsjordaan ... is daar gewoonlik net fluisterstemme. En tog het Jesus met ‘n groot stem uitgeroep Merkwaardig vir Man wat hang aan ‘n kruis ... Want die man wat hang aan ‘n kruis, sterf gewoonlik weens asemnood ... Die kruisdood is ‘n versmoringsdood. Net soos so baie van die Covid sterftes wat ons op oomblik ervaar. Mense sterf, omdat hulle nie meer asem het nie. Die feit egter dat hierdie Jesus met ‘n groot stem uitroep dui daarop dat Hy nog krag het. Hy was sterk genoeg om te lewe. Met ‘n groot stem het Hy sy lewe afgelê. Bron: Psalm 31, Lukas 23:33-49 Kindergebed by die Sterfbed Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 06 27 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 158
bottom of page