top of page

Kind van God of Kind van die wind?

Nagmaal Preek Psalms 111 - Woorde uit sy Woning

Ons almal ken dit, sekerlik die gewildste liedjie van die afgelope dekades: Koos du Plessis se skepping: “Kinders van die wind”. Dis asof die hele sinloosheid van die Afrikaner se bestaan daarin saamgevat word. Ons mense het swerwers geword, swerwers wat nooit vind en eindelik was ons almal maar net “Kinders van die wind”. Kinders van die winde van politieke verandering. Vandag kinders drywend op die een virus golf na die ander. Nagmaal, Nabetragting: Psalm 111,112, ds Gustav Opperman. En nou gebeur dit telkens vir diegene wat soos skepe op die stormsee oorgelewer is aan die wind, dat hulle ’n anker wil uitgooi om vastigheid te verkry. Maar dan wanneer hulle die anker gooi dan gooi hulle dit op die dek van die skip, dan probeer hulle om hulle self aan hulle self te anker. Hulle soek die antwoorde in hulleself, en nie buite hulleself in vastigheid van die HERE nie. Hy is immers die Rots wanneer die stormwind huil. Daarom hou ons vandag aan u Psalm honderd-en-elf aan u voor. Dis baie minder bekend as Koos du Plessis se Kinders van die Wind, maar ons glo dat dit ewigheidsware besit, dat Psalm honderd-en-elf sal voortbestaan lank na die ander liedere soos herfsblare deur die winterwind weggewaai is. Dis ’n Lofpsalm van A tot Z, ’n Psalm wat in die volste betekenis daarvan van niks anders wil getuig as sinvolheid nie, ’n loflied wat die deugde van God besing die deugde van Jesus Christus, Hy wat die Alfa en die Omega, die begin en die einde van alles is. Bron: Psalm 111, 112 Kind van God of kind van die wind? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 05 30 Sou YouTube wel advertensies op ons video’s plaas, doen hulle dit eensydig en het ons geen sê daarin nie. Ons het die volgende eposkennisgewing ontvang: Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 167
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page