top of page

Kan ons goeie werke ons red?
Preek Matthéüs 25 Heidelbergse Kategismus 24 - Woorde uit sy Woning
Calvyn, die groot leermeester uit die reformasie het by geleentheid gesê: Deur ons goeie werke kan ons nie ons saligheid beërwe nie, maar daarsonder kan ons ook nie ons saligheid beërwe nie. Hoe moet ons dit verstaan? Sondag 24 onderstreep wat ons verlede week reeds in Sondag 23 gehoor het. “slegs die genoegdoening, geregtigheid en heiligheid van Christus is my geregtigheid voor God”. Hier klop die opstellers van die belydenis se hart warm vir die sentrale waarheid van die reformasie: Slegs ... Sola Christo, slegs Christus, sola fide, slegs geloof, sola gratia, slegs genade ... ‘n Historiese rede ... want die Rooms Katolieke kerk het destyds geleer (trouens hulle leer dit vandag nog) hulle het destyds geleer: Christus het vir ons die geregtigheid verdien, maar ons as mense moet ook ietsie bydra ... en as jy Maria, die moeder van Jesus is of jy is een van die heiliges, soos Moeder Theresa, dan kan jy sommer heelwat bydra ... dan kan jou goeie werke sommer baie bydra ... nie net vir jou eie saligheid nie, maar ook sommer tot die saligheid van ander. Guido de Bres is deur die Katolieke opgehang, omdat hy dit in sy Nederlandse geloofsbelydenis durf sê het: Waarlik, skryf hy in Artikel 23 van die NGB as ons voor God moes verskyn, terwyl ons, in watter geringe mate ook al, op onsself of op enige ander skepsel sou staatmaak, sou ons - helaas! - verteer word. Nie al ons ongeregtighede nie, maar al ons geregtighede, al ons beste werke is wegwerplik voor God. Die Here Jesus maak dit ook duidelik aan die ryk jong man Hy was iemand wat wou weet: Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê ... Nou mag ons kategismus vra ... en ons mag vra: Verdien ons goeie werke dan niks nie, terwyl God hulle tog wil beloon? In hierdie en in die toekomende lewe wil beloon? Die loon wat God uit genade skenk, Dis nie gering nie. Ons het 'n vrygewige hemelse Vader. Volgens vraag 63 wil Hy in hierdie en in die toekomende lewe ons goeie werke beloon. In die bergrede se Christus: Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele (Matt. 5: 12). Deur ons goeie werke kan ons nie ons saligheid beërwe nie. Daaronder kan ons ook nie ons saligheid beërwe nie ... Aan die een kant het die goeie werke geen waarde nie. Aan die ander kant het hulle groot waarde ... groot waarde, want hierdie vrugte van ons geloof gee vir ons sekerheid van ons geloof ... Daarvan leer ons meer in Sondag 32. As daar dus by jou geen goeie werke is nie, is jy waarskynlik ook nie in Christus ingeplant nie ... Christus sê: Wie in my bly en Ek in hom, dra baie vrugte. “ (Joh. 15: 5) So is dit met elkeen wat hom in Christus laat inplant. Hy sal sy Heiland hartlik liefhê Hy sal sy hele lewe 'n lewende dankoffer wil maak. "url": "https://i9.ytimg.com/vi/7woVDY2wexU/default.jpg?sqp=CLS365EG&rs=AOn4CLA40IpUZcrY0vZureRwZlTvayKsdA "url": "https://i9.ytimg.com/vi/7woVDY2wexU/mqdefault.jpg?sqp=CLS365EG&rs=AOn4CLBwBDyxQORdgKpAN6e8EZwXDHkeqw "url": "https://i9.ytimg.com/vi/7woVDY2wexU/hqdefault.jpg?sqp=CLS365EG&rs=AOn4CLBGBZvIF2qLbi7ZSkH8a6ElbvMmkw "url": "https://i9.ytimg.com/vi/7woVDY2wexU/sddefault.jpg?sqp=CLS365EG&rs=AOn4CLDgaTlyW6ECJMGsyIM3E1FgOZ3dzA "url": "https://i9.ytimg.com/vi/7woVDY2wexU/maxresdefault.jpg?sqp=CLS365EG&rs=AOn4CLCv5VfBSy-fckLXHSU7t-ftrejs1A position: 727
bottom of page