top of page

Jy is die man!

Psalm 139 & 1 Sam 11 Ds Gustav Opperman GK Ventersburg

Dis genade as God se Gees deur die Woord na my toe kom en daardie pitsweer word oopgesny, oopgesny dat al die kwaad kan uitkom. Woordverkondiging: Ps 139 & 1 Sam 11, ds Gustav Opperman, GK Ventersburg. 


 Die vraag is nie  of jy sondeloos is nie: die vraag is: haat jy die sonde en wil jy met jou hele wese daarvan wegvlug? Dis die vraag.  


My boesemsondes is presies  wat dit wat die woord beskryf:  Dis daardie diep, donker begeertes, die private lekkernye van my siel wat ek onder tien lae wintersklere styf teen my hart koester. 


Almal van u het seker al ‘n byenes gesien ... gesien hoe die bye in en uit by die nes Ons sien die buitekant van die nes maar wat daar binne aangaan, kan ons nie eintlik sien nie ... Die byenes is ondeursigtig.  So is dit met ons ook: die bytjies van ons doen en late, van die woorde in ons lewens ... hulle vlieg uit en in ... en dis meestal duidelik om te hoor en sien ... maar wat daar binne aangaan ... dis heeltemal ondeursigtig ... vir almal om my ondeursigtig ...  Vir almal behalwe God. 


Vir Hom is die byenes volkome deursigtig ... deur al die lae ... helder soos glas.  Die HERE is die Skepper van die eindes van die aarde skryf die profeet Jesaja daar is geen deurgronding van sy verstand nie (Jes 40:28).  Hy tel en roep die laaste ster;  sy krag en kennis, ongemeet,  oorwelf al wat ons ken en weet.  


Bron: Psalm 139 & 1 Samuel 11 

Opnamedatum: 2022 07 31  


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  

Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  

Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers 


Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page