top of page

Jou plek: Hemel of Hel?
Nagmaal Preek Johannes 14 - Woorde uit sy Woning
Ons hoor dikwels as iemand te sterwe kom: Ons weet hy of sy is in 'n beter plek. Is dit noodwendig so? Sal dit noodwendig in u geval so wees, geliefde broeder en suster? Sal u dan in 'n “beter plek” wees? Sal ek dan in die Vaderhuis wees of sal ek dan in my eie plek wees ... soos Judas? Woordverkondiging uit Johannes 14, ds Gustav Opperman. Ons begeerte na 'n beter plek of selfs net na 'n bestendige plek, na 'n warm ouerhuis, na huislike geluk, na geborgenheid is dan ook 'n groot oorsaak hoekom ons harte so ontsteld word. Ons raak ontsteld as dinge by die huis nie reg uitwerk nie. Ons raak ontsteld as daar huismoles is. Ons raak ontsteld met elke afskeid en vertrek. Jesus se dissipels was ontsteld die aand voor sy kruisiging. Hulle was ontsteld om te verneem dat een van hulle Hom sou verraai, dat een van hulle 'n verraaier was. Maar die grootste ontsteltenis het gekom vanweë die aankondiging dat Hy heengaan, dat sy vertrek op hande is, dat die uur van afskeid aangebreek het. Jesus Christus, die Plekbereider. het namens ons die heiligdom ingegaan, Sonder ons heiligmaking is die Vaderhuis nog steeds ontoeganklik. En hiermee skiet ek nog so baie te kort: heiligmaking. Maar ook daarmee word ek bemoedig. ook met my heiligmaking is ons Plekbereider besig, besig elke dag. Bron: Johannes 13:1-14:6, Handelinge 1:15-26 Jou plek: Hemel of Hel? Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas GK Matalabas Woorde uit sy Woning 2021 03 07 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 214
bottom of page