top of page

Jesus Mens, Jesus God

Bybelstudie 88 Lukas 22 - Woorde uit sy Woning

Mens is hier eintlik op die grens van die onverstaanbare rondom die Here Jesus Christus en die verhouding wat daar was tussen Hom as mens en Hom as God. Ons Bybelstudie uit Lukas nader nou die hoogtepunt in hierdie laaste 3 hoofstukke. Volg die dramatiese gebeure saam met ons op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 88ste in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas. @WoordeuitsyWoning U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die snitlys vind vir die Lukas Bybelstudiereeks: Christus vir Vandag. Bron: Lukas 22:39-53 Jesus Mens, Jesus God Lukas Bybelstudiereeks:Christus vir Vandag#88 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 09 23 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Intro: Traporrelmusiek: Orrelis: Mariaan Senekal Outro: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 274
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page