
Jesus bring lewende water
Joh 4 Ds Gustav Opperman Nagmaalreeks 23 GK Philippolis @WoordeuitsyWoning
Dogter van Samaria, dors jou siel na God? Dis die vraag! Dis ook die vraag vir ons hier vandag, mede-putgrawers en mede-pendelaars. Bo en behalwe jou aardse dors, het jy nie ook ‘n sieledors nie? Soos aardsvaders Abraham Isak en Jakob was ons voorouers watersoekers, was ons voorouers putgrawers en dorslandtrekkers ... Maar ook ons ... ons geslag wat met lopende krane groot geword het ... vir ons is skoon water lank nie meer ‘n vanselfsprekendheid nie ... Baie van ons koop ons water nou ten duurste in die supermark ... Ons water drink ons vir geld so sug die profeet Jeremia ook in sy Klaagliedere ...
Bron: Lees: Joh. 4:1-14
Teks: Joh. 4:13,14 Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry, maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. Tema: Jesus Christus bring lewende water
Psalms: 107:1,4; 107:7,10; 42:1,6; 84:3,6
Opnamedatum: 2025 04 06