top of page

Is jy in God se testament? Gedoop?

Preek Handelinge 2 Heidelbergse Kategismus 27 - Woorde uit sy Woning

HK Sondag 27 Tema: Ingeskryf in God se testament (2016 06 19) Teenoor die wederdopers en die grootdoop aanhangers het ons ‘n vraag. Dit gaan oor ons kinders. Word die erfenis nie ook aan hulle beloof nie? Moet hulle nou eers grootword om eers die eis van geloof en bekering te volbring voordat God aan hulle die redding sal gee? As 'n klein babatjie van 'n paar dae oud in sy wiegie lê, mag hy of sy dan geen geskenke van sy ouers en sy grootouers ontvang nie, bloot omdat hy nog nie kan verstaan nie? Of sterker gestel: Mag daardie klein kindjie nie in die testament van sy vader opgeneem word nie? Mag sy erfenis glad nie daarin beskryf word alvorens hy of sy volwasse geword het en dit kan verstaan nie? Alhoewel ons kinders hierdie dinge nie verstaan nie, is dit nie 'n rede om hulle van die doop uit te sluit nie, want sonder dat hulle dit weet, het hulle in Adam deel aan die verdoemenis, en sonder dat hulle dit weet, word hulle ook weer in Christus tot genade aangeneem... (Doopsformulier) position: 762
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page