top of page

Is jy 'n kind van God?

Preek Romeine 8 - Woorde uit sy Woning

Ek is aangeneem uit liefde ... uit die liefde wat die Vader vir sy Seun, Jesus het. Ter wille van die Seun van Dawid is ek nou ‘n seun van God. Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning (nie-winsgewend). As u geloofsvrae het, kontak ons met vrymoedigheid by . Ons gee om! As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. In hierdie reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou op hierdie reis. Hierdie video: Julle het die Gees ontvang die Gees wat julle kinders van God gemaak het. Ons kategismus sê: Ons is uit genade tot kinders van God aangeneem. Christus is die eniggebore Seun van God, soos ons Sondag na Sondag bely, maar God, die Vader het ook ander kinders gehad. Die eerste mens, Adam word deur die evangelie volgens Lukas die seun van God genoem. Adam die seun van God (Lukas 3:38). En dan word ons Bybel in Openbaring 21 afgesluit met belofte van God: Hy wat oorwin, sal alles beërwe, en ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir my ‘n seun wees (Openbaring 21:7). So in ‘n sekere sin kan ons aan die een kant sê, die Bybel begin met ‘n boom en dit eindig met ‘n boom, die boom van die lewe. Net so kan ons ook sê die Bybel begin met ‘n Adam seun en dit eindig met ontelbaar ander seuns ... Hulle wat oorwin het. En dan die wonderlike troos en bemoediging wat ons ook hier in Romeine agt kry: ons ... ons is meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het! Ontelbaar ander seuns ... hulle wat Jesus Christus liefgehad het, hulle wat deur God se Gees gelei word om uiteindelik hulle hemelse Vader aan te roep: Abba Vader. Van die eerste bladsy van die Bybel tot die laaste bladsy word die geskiedenis van God seuns vertel. Beginnende by God se seun Adam in die huis, dan sy ongehoorsaamheid dan sy verbanning ... dan sy en dood. Die hele Ou Testament beskryf hoe die HERE sy seuns en dogters in guns aanskou, hoe Hy begin het om sy Jerusalem-huis te herbou en Israel te versamel op sy heilige erf (Psalm 147 berymd) ... Bron: Romeine 8:15 Is jy 'n kind van God? Romeinereeks: Reg voor God#37 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 09 08 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition position: 356
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page