top of page

Is jy 'n skaap of 'n bok?

Preek Matthéüs 10 - Woorde uit sy Woning

Die bedelaar wat u pad kruis: Is hy dalk die anonieme Christus? Die siekes in die hospitale, mense wat jy van g’n kant ken nie, is onder hulle dalk net die anonieme Christus? En U het Hom of haar nie besoek nie? En wat van die wat in die tronk is? Is die anonieme Christus onder die wat in die gevangenis sit? En ek en u het Hom ook nie dáár besoek nie? Woordverkondiging: Mat 25, ds Gustav Opperman. Gaan hierdie versuim van u of my ʼn bok maak? Plaas dit my in die bokkamp die dag as die Opperherder sy verskyning maak? Sal dit die rede wees hoekom daar so baie, so baie vervloektes sal wees ? Vervloektes wat bestem is vir die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele ? Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie, Ek was naak, en julle het My nie geklee nie, Ek was siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. Hierdie Skrifwoorde word deesdae dikwels gehoor, dikwels gehoor wanneer die geloofgemeenskap opgeroep word tot medemenslikheid, wanneer daar ʼn beroep gedoen word op die Christendom se tyd en geld om te help met die armste van die armes in die wêreld, om ʼn skenking te maak aan die VIGS wesies, om hulleself te bemoei met die opheffing van die agtergeblewe Afrika. ʼn Fondsie hier en ʼn bydrae daar ... Die vraag is net: is dit werklik wat hierdie Skrifgedeelte vir ons sê? Roep hierdie Skrifgedeelte ons regtig op om die anonieme Christus te gaan soek daar onder die bedelaars, onder die bedelaars wat u daagliks teëkom om Hom te gaan soek onder die behoeftiges? Miskien onder een van die talle rampslagoffers wat ons dikwels op Televisie sien ? Is dit werklik wat hierdie Skrifgedeelte vir ons sê? Bron: Mat 10, Mat 25:31-46 Is u 'n skaap of 'n bok? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2022 01 09 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 28
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page