
Is jou liefde ongeveins?
Romeine 12:9 Ds Gustav Opperman Romeinereeks#59: Reg voor God
Raak nie wanhopig nie! Wanneer die verdrukking en teëstand kom, soos dit moet kom, wanneer die terugslae kom, wanneer die swaarkry dae kom, dan is God se geliefdes steeds hoopvol, steeds bly oor die wonderlike toekoms wat God vir hulle beplan, steeds geduldig. Hou hulle nie op met bid nie, verslap hulle nie in hulle gebedslewe nie.
As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. Ds Gustav Opperman begelei jou op hierdie reis.
Bron: Romeine 12:9
Opnamedatum: 2021 05 09
Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation:
Intro Music: 1) Sarabande Artist: Joel Cummins YouTube Audio Library License
2) Outro 2022 Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/