top of page

Is jou geloof eg? Gee jy voor? Ondersoek jouself
Bybelstudie 50 Lukas 11 - Woorde uit sy Woning
Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 50ste in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas. Musiek: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers Bron: Lukas Bybelstudiereeks Christus vir Vandag #50 Lukas 11:37-54 Voorgee geloof Is jou geloof eg? Gee jy voor? Ondersoek jouself! position: 568
bottom of page