
Is Christene sosialiste?
(Deu 16; Hand 2 &4) Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
In ons samelewing, in ons tyd word die slagordes al hoe meer teen mekaar opgestel: die wat het, teenoor die wat nie het nie. Ons lees en ons hoor die polities gelaaide woorde elke da:g herverdeling van rykdom, herverdeling van grond. Ons lees en ons hoor die politici se teenstrydighede: privaatbesit word beskerm, maar grondonteiening het nou ‘n werklikheid geword.
Bron: Deut 16:6-17; Hand :31-47; 4:32-55
Teks: Hand 2:44,45 : En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.
Tema: Die gemeenskaplike besit van die gelowiges.
Psalms:24:1,2,3; 24:4,5; 86:5,6; 66:6,7; 136:1,2,3,19,20