
Is alles tevergeefs?
Pred 1 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Dis die Gees van God wat hom dryf om na die sin van die lewe te soek. Dis die Gees van God wat hom wys hoe vrugteloos die mens se werk is. Dis die Gees van God wat die mens uiteindelik op sy knieë dwing. Dit is Hy wat ons leer bid … Abba Vader (Rom 8:15). Woordverkondiging: Pred 1, ds Gustav Opperman GK Colesberg.
Die mens se moeite, jaar in en jaar uit bring vir hom geen profyt nie. Sy gejaag na sukses, na kennis, na mag, na geregtigheid, na geld, geluk en seksuele plesier … dit alles bring hom nêrens nie. Geslagte kom en gaan En dit wat deur een geslag vermag is, sal nie deur die volgende geslag onthou word nie.
Bron: Prediker 1
Tema: God se werk en die mens se werk.
Teks: Pred 1:2,3 Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs! Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?
Psalms: 92:1,2; 19:4; 90:1,9; 8:1,3,4
Opnamedatum: 2023 12 24
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/