top of page

Hoekom ly onskuldiges in rampe dood siekte geweld?!
Preek Lukas 13 - Woorde uit sy Woning
Prk Lukas 13 (Bekeer betyds!) Lees: Lukas 12:53 -13:9 Tema: Verdiende of onverdiende loon? Teks: Ek vir julle, maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. Lukas 13:3 Want u weet ... slegte dinge gebeur mos nie met goeie mense nie ... of hoe? En, as dit wel gebeur, dan kan of wil ons dit nie verstaan nie. Waarom, o Here, waarom? Wat het hulle gedoen om dit verdien? Die Here Jesus gee ons ‘n Bybelles vanoggend. Hy gee ons die insig om die hoofopskrifte van die koerante reg te verstaan. Hy maak ons oë oop sodat ons nie ook soos die ander blindes van ‘n blinde sambok sal praat nie: Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars was as al die Galileërs, omdat hulle sulke dinge gely het? Nee, sê Ek vir julle, maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. En hiermee sit die Rabbi van Israel maar net Johannes die Doper se prediking voort ... dit wat ons reeds in Lukas drie lees: Dra dan vrugte wat by die bekering pas, het hy gesê, want die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. position: 703
bottom of page