
Hoe word jy gered? Wie sal voor God staan?
Preek Psalms 24 Heidelbergse Kategismus 23 - Woorde uit sy Woning
Wie sal uiteindelik voor God staan? Die pad boontoe is nou. Die weg daartoe is smal. Watter oog sal die Here se heerlikheid sien? Wie word toegelaat in Sy majesteit se teenwoordigheid? Op wie sal sy vriendelike aangesig skyn? Wie sal woon in sy heilige plek? Ek sal. Ek sal eendag daar voor Hom wees. Met wit klere sal ek saam met die ontelbare skare daar staan, ook met my palmtak in die hand. Met volkome regverdigheid, met volkome heiligheid, met volkome genoegdoening, sal ek daar wees. As mede-erfgenaam van die ewige lewe, is my plek daar verseker. Maar hoe kom jy daarbo? (Mag u wel vra ... en ek hoop van harte dat u dit wel vra). Wel, my reis na bo begin met ‘n erkenning ... ‘n belydenis dat ek nie in staat is om daardie heilige berg uit te klim nie ... dat ek nie in staat is nie en ... en nie net dit nie ... ek hoort ook nie daarbo nie. Daaroor kla my gewete my aan dat ek teen al die gebooie van God swaar gesondig het en nie een daarvan gehou het nie en dat ek nog gedurigdeur tot alle kwaad geneig is. Saam met die apostel Paulus roep ek uit: Ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie, want om te wil, is by my aanwesig ... maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek (Romeine 7:18-19). Ons reis deur die Kategismus en die Apostoliese belydenis het ons nou by punt gebring dat ons nou moet opsom ... moet opsom met die enkele groot waarheid van die reformasie: Hoe word jy gered? Die antwoord: Deur die geloof alleen, slegs geloof. Sola Fide. Ons doen dit aan die hand van Psalm 24, ‘n Psalm wat ons eerstens iets van God se skeppingsmag vertel. Hy het die fondamente van die aarde in die see gelê en dit op die riviere gevestig ... God se skeppingsmag. Daardie mag staan teenoor die menslike onmag ... die menslike onmag om saam met God te woon. Dan is dit ‘n Psalm wat verder getuig dat daar wel iemand is, wat toegang het, toegang het tot die hemelse heerlikheid, ‘n roemryke Koning, ‘n Erekoning ... Hierdie is die 34ste video in die Troosreeks: Bely uit die Psalms. U sal daar onder die afdeling: Kategismus en Belydenis in Aktuele Styl die duimdruk vind vir die Troosreeks: Bely uit die Psalms. Die duimdruk om by direk by hierdie Kategismus Troosreeks uit te kom, is: Troos uit die Psalms PLptUYi1TvSsqCGT3V43AHTRf6RDGRkKZl Bron: HK 23 Vr 59 61 Psalm 24 Hoe word jy gered? Wie sal voor God staan? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Troosreeks#34 Bely uit die Psalms 2017 11 26 position: 499