top of page

Hoe kry ons kerkmense betrokke?
Preek Lukas 5 - Woorde uit sy Woning
Onbetrokkenheid: Dis die siekte van ons tyd! Hoe sal ons die mense weer betrokke kry? Dis die versugting van die kerk. Wat kan ons doen om die mense te trek? Ons praat van die mense binne-in die kerk: geroepenes, gedooptes, belydende lidmate van God se geloofsgemeenskap. Diwels so onbetrokke! Woordverkondiging, ds Gustav Opperman,. Onbetrokke by die onderhoud van die kerkterrein, onbetrokke by die onderhoud van die Woordverkondiging, onbetrokke by die uitdra van die Evangelie. En dan verlang ons na daardie begindae van die kerk (so soos ons hier vandag gelees het) die tyd toe daar mense was ... mense wat alles sou verlaat en die Here Jesus sou volg. Miskien lees ons hierdie Skrifgedeelte met 'n mate van ongeloof, want ons sien dit so min: mense wat alles sal verlaat en die Here Jesus sal volg. Hulle wat bereid sal wees om self uit te gaan en vissers van mense te word … Ons sien dit so min. Maar daarom is dit miskien goed dat die Heilige Gees vandag ons aandag vestig op Jesus Christus. Hy was immers die grootste Mensvisser wat ooit geleef het. Hy wat die onbetrokkenes in Sy net gevang het. Laat ons kyk wat Hy doen en wat rondom Hom gebeur wanneer Hy Homself op die viswaters begeef. Bron: Lukas Lukas 4:31-5:11 Hoe kry ons kerkmense betrokke? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 02 21 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 222
bottom of page