top of page

Hoe kom ek deur doeane in die Hemel? Versoening: 'n Gelukkige ruil!
Nagmaal Preek 2 Korinthiërs 5 - Woorde uit sy Woning
Sommige van ons is deur die Heilige Gees in 'n baie ver land gaan haal. Ander het miskien nader aan die Vaderhuis gebly, maar daar is nie een kind van God wat nie die verleiding van die sonde ontmoet het nie en nie nog steeds elke dag daarmee worstel nie. Elkeen van ons ken die trekkrag van die wêreld. Maar iets maak die Christelike geloof anders as al die ander gelowe in die wêreld.Dit is die feit dat ons vandag ‘n nuwe begin kan maak. Vandag en ook elke ander dag begin ek met ‘n skoon bladsy op my lewensboek. Trouens, nie net vandag nie, maar elke dag van sy lewe kan die gelowige sê: Vandag begin ek van voor af, van nuuts af ... ‘n nuwe blaadjie ... nie net met die nuwejaarsvieringe nie, nie net by ‘n verjaarsdagviering nie, maar vandag en ook elke ander dag ... begin ek met ‘n skoon bladsy op my lewensboek. Ek sê vandag: Ek sal opstaan en na my vader gaan. Bron: Lukas 15 Verlore Seuns Ek sal opstaan en na my Vader gaan! Begin 'n nuwe blaai. Verlore seuns (Nagmaal & Nabetragting) Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2017 05 28 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Ps144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 474
bottom of page